Tuesday, June 29, 2010

‘n “Parcel” en ‘n “drink”

Dis wat ek nou net vir aand ete gehad het, 'n parcel en 'n drink, en dis drink soos in engels uitgespreek, om meer spesifiek te wees, 'n hake parcel, jy kry ook 'n snoek parcel, en ek is seker daar is vele ander parcels in die wêreld, maar as jy in die Kaap woon is daar net twee soorte parcels, hake of snoek, altwee kom met tjips, en 'n "drink" is 'n gas koeldrank, iets soos coke of fanta orange, lemoensap is juice, dis nie 'n drink nie, dis juice, dis hoe dit is hier in die Kaap.

Foto van http://www.freefoto.com

Wanneer die fabriek werkers later as 19:00 werk, koop ons hier waar ek werk vir die manne kos, en die twee goed wat gewoonlik georder word is of 'n "streetwise three" of 'n parcel, so nou en dan bestel 2 manne saam 'n heel hoender van Pick & Pay, dan is daar genoeg geld nog vir 'n katkop, jy weet nie wat 'n katkop is nie? Nou hoe nou, dis 'n halwe witbrood man, wat het jy nou gedink is dit, dit raak eers 'n bunny chow as dit uitgehol word en kerrie mince ingesit word, of as tjips en weense worsies die binnekant van 'n katkop find dan is dit 'n Gatsby, dis hoe dinge hier werk, en dis hoe ek vanaand met 'n parcel en 'n drink vir aandete opgeeindig het.


Lekker eet


Potjie

Monday, June 28, 2010

Vark en “sticky” rys balle

Eerstens jammer vir my halwe Engelse opskrif, maar klouerige rys balle klink nie heeltemal lekker nie, taai is ook nie sticky nie, so ek bly maar by sticky.

Jy benodig

450 vark maalvleis
1 eier
15ml meel
4 spriet uie gekap
2 eetlepels gekapte Koljander blare
2 eetlepels vis sous
Vars gemaalde swart peper
225g gekookte sticky rice

Voeg die vark, eier, meel, spriet uie en koljander blare by mekaar en meng goed, geur met die vis sous en vars gemaalde swart peper.

Sprei die rys op 'n plat oppervlakte en skep teelepels vol van die vark mengsel bo op. Maak jou hande klam, vorm die rys rondom die maalvleis om balletjies te vorm. Stoom vir omtrent 10 minute in 'n bamboes stoom mandjie.

Sit voor met soet chilli sous .

Die balle kan ook gediepbraai word, maar maak seker dat die balletjies klein is as jy dit gaan doen, anders gaan die vark nog rou wees en die rys verbrand.

Lekker eet
Potjie

Sunday, June 27, 2010

Die eerste keer

Onthou jy nog die eerste keer toe jy jou gunstelling wyn geproe het, of die eerste keer toe jy in jou gunsteling restaurant geëet het, as jy nou daar sit en vir jouself sê, "shit nee, ek het nie 'n clue nie" dan is jy nie veel verskillend van die res van ons nie, ons is geneig om goed soos dit te vergeet, ook om die allerdaags mooi rondom ons mis te kyk, en as jy nou wonder waar val ek nou skielik uit, laat ek jou vertel.

Vandag ry ek tussen Malmesbury en Durbanville, die wêreld is grasgroen, en plek plek blom die varkblomme al, in die verte staan Tafelberg sonder 'n wolkie in sig in al sy glorie, en my gedagtes is by 'n vriendin wat nie meer hier woon nie, maar nou hier was vir 'n begrafnis, en skielik wonder ek hoe lyk dit deur haar oë, iemand wat hiermee groot geword het, maar dit nie elke dag meer sien nie. Om die mooi rondom ons raak te sien het ons soms nodig vir iemand anders om ons oë weer oop te maak, 'n vriend van oorseë wat vir die eerste keer kom kuier, of iemand wat lank laas hier was wat weer in verwondering na die varkblomme kyk, of weer kan liries raak oor 'n bottel Kaapse Vonkel, of soos my suster twee jaar terug, gewoonlik eet sy soos 'n voëltjie, maar sy kon nie ophou eet aan die waterblommetjie bredie nie, nie die tiepe van ding wat jy sommer in Vancouver raakloop nie.


As volgende keer daai bottel gunsteling wyn oopmaak, proe dit regtig, rol dit in jou mond rond soos daai eerste keer, onthou die mense wat dit saam met jou geniet het, en drink enetjie op hulle, ek gaan.

Lekker eet
Potjie

Thursday, June 24, 2010

Die stress van ‘n verkoopte Lucy’s

Volgens WikiAnswers is die 10 mees stressvolle lewens ondervindings die volgende.
  1. Skei / opbreek van verhouding
  2. Om beroof te word
  3. Werk verloor
  4. Trou reëlings
  5. Werk
  6. Kinders / Familie
  7. Skuld
  8. Pendel
  9. Studeer vir eksamen
  10. Verwag van baba
Ek is seker dat al hierdie ondervindings baie stressvol is, maar êrens het iemand iets gemis, want sweerlik waar moet die verkoop van jou gunsteling wegneem ete winkel ten minste 'n plekkie onder die top 10 kry, en ek sou dink ten minste onder die top 3.

Lucy's was vir jare die plek waar ek my middag etes bestel het, en tot vandag toe nog steeds gedoen het, maar so paar maande terug het Lucy die winkel verkoop aan een of ander Koos, en teen 'n nie te stadige pas is die gehalte van die kos besig om in die verkeerde rigting te beweeg.


Die tjips proe of dit in die mikrogolfoond warm gemaak word, die burgers en my dagboek se voorblad proe dieselfde, en my gunsteling, die maalvleis Kerrie is van alle smaak beroof, die speserye wat hy uit Lucy se resep laat kan hom sekerlik nie soveel geld spaar nie, maar is besig om my bloeddruk die hoogte in te jaag.


Ek het nou al die nuwe eienaar laat weet wat ek met sy tjips gaan maak as hy weer vir my opgewarmde tjips stuur, maar blykbaar het die man een of ander perverse fetish, want hy steur hom nie aan my nie, vandag het ek vir die laaste maal op 'n wonderwerk gehoop, en weer eens kos by die @$%&*% bestel, en weereens die vaal smaaklose &@& gekry, nou is ek klaar, ek ontrek my uit die hoofstroom ekonomie, en sal nou maar my eie kos werk toe bring, as die area se ekonomie nou in duie stort was ek my hande in onskuld, ek het my bes probeer.


Nou vertel WikiAnswers vir my dat dit meer stresvol is om te pendel as om skielik 'n stuk karton vir middagete te kry, of om 'n troukoek te bestel is meer stresvol as om vaal smaaklose Kerrie te eet, of dat jou huis paaiement drie maande agterstallig is, is erger as mikrogolf opgewarmde tjips, snert man, dis die absolute top punt van stres om jou wegneem kafee te verloor, wag laat ek gou 'n valium vat.


Lekker eet

Potjie




Wednesday, June 23, 2010

Blaas Jou Vuvuzela

Woeste Wilde Afrika

Funny FIFA 2010 World Cup questions


Q Does it ever get windy in South Africa ? I have never seen it rain on TV, so how do the plants grow? (UK)
A: We import all plants fully grown and then just sit around watching them die.

Q: Will I be able to see elephants in the street? (USA)
A: Depends how much you've been drinking.

Q: I want to walk from Durban to Cape Town - can I follow the railroad tracks? (Sweden)
A: Sure, its only two thousand kilometres take lots of water...

Q: Is it safe to run around in the bushes in South Africa ? (Sweden)
A: So its true what they say about Swedes...

Q: Are there any ATMs (cash machines) in South Africa ? Can you send me a list of them in JHB, Cape Town, Knysna and Jeffreys Bay? (UK)
A: What did your last slave die of?

Q: Can you give me some information about Koala Bear racing in South Africa? (USA)
A: Aus-tra-lia is that big island in the middle of the pacific. A-fri-ca is the big triangle shaped continent south of Europe which does not...oh forget it. Sure, the Koala Bear racing is every Tuesday night in Hillbrow. Come naked.

Q: Which direction is north in South Africa ? (USA)
A: Face south and then turn 90 degrees. Contact us when you get here and well send the rest of the directions.

Q: Can I bring cutlery into South Africa ? (UK)
A: Why? Just use your fingers like we do.

Q: Can you send me the Vienna Boys Choir schedule? (USA)
A: Aus-tri-a is that quaint little country bordering Ger-man-y, which is...oh forget it. Sure, the Vienna Boys Choir plays every Tuesday night in Hillbrow, come naked.

Q: Do you have perfume in South Africa ? (France)
A: No, WE don t stink.

Q: I have developed a new product that is the fountain of youth. Can you tell me where I can sell it in South Africa ? (USA)
A: Anywhere where a significant number of Americans gather

Q: Can you tell me the regions in South Africa where the female population is smaller than the male population? (Italy)
A: Yes, gay nightclubs.

Q: Do you celebrate Christmas in South Africa ? (France)
A: Only at Christmas.

Q: Are there killer bees in South Africa ? (Germany)
A: Not yet, but for you, we ' ll import them.

Q: Are there supermarkets in Cape Town and is milk available all year round?
A: No, we are a peaceful civilisation of vegan hunter-gatherers. Milk is illegal.

Q: Please send a list of all doctors in South Africa who can dispense rattlesnake serum. (USA)
A: Rattlesnakes live in A-meri-ca, which is where YOU come from. All South African snakes are perfectly harmless, can be safely handled and make good pets.

Q: I was in South Africa in 1969, and I want to contact the girl I dated while I was staying in Hillbrow. Can you help? (USA)
A: Yes, but you will probably still have to pay her by the hour.

Q: Will I be able to speek English most places I go? (USA)
A: Yes, but you'll have to learn it first.

Monday, June 21, 2010

Verneuk frikkadelle

Op 'n stadium het ek wors gemaak wat ek te styf gestop het, en aangesien die speserye toe in elk geval al by die vleis was, het ek besluit dis 'n goeie idée om dit vir frikkadelle te gebruik, al wat jy hoe by te voeg is fyngekapte uie en eier.


Pangebraaide frikkadelle

Neem wors wat lekker gespesery is, verwyder die derm en breek die vleis op met 'n vurk. Kap een of twee uie afhangende van die hoeveelheid vleis fyn en meng deur die vleis, voeg een of twee eiers by en meng goed, vorm in frikkadelle en maak gaar. As jy voel die vleis bind nie goed genoeg nie, neem 'n sny witbrood, week dit in melk, verwyder die korsie, en meng met die vleismengsel.

Frikkadel sosaties

Die frikkadelle kan in die pan gebraai word, of op sosatiestokkies ala Zabwan gesit word en oor die kole gebraai word, of in 'n lekker tamatiesous gaargemaak word saam met pasta, drie maniere on vinnig kos te maak met wors, en niemand hoef te weet hulle eet eintlik wors nie.

Frikkadelle in tamatiesous, lekker saam met pasta


Lekker verneuk, ek meen eet.

Potjie

Sunday, June 20, 2010

Visaftreksel en vissop

Sommige goed is eenvoudig net makliker om klaar te koop as om dit self te maak, ongelukkig is visaftreksel nie algemeen verkrygbaar nie, daarom is dit 'n goeie idee om die viskoppe en grate te hou as jy jou vis fillet, of dit laat doen, gebruik dit om jou eie vis aftreksel te maak.


Gooi die koppe en grate en al die stukkies wat jy nie gaan gebruik nie in 'n pot (onthou om die kiewe uit te haal voor jy die kop gebruik) sny een ui en twee of drie knoffel huisies, 'n handvol seldery en twee of drie wortels in stukke en gooi by, maal bietjie swart peper bo oor en gooi so drie of vier druppels vissous by, vul water by to alles bedek is, die water moet ten minste so sentimeter of twee bo alles wees. Bring tot kookpunt en kook tot die vis koppe heeltemal uitmekaar is en al die vis tussen die grate uit gekook het. Gooi deur 'n sif, gooi weg die grate en groente en hou die aftreksel tot jy dit nodig het, byvoorbeeld vir die sop hieronder, vries die res in plastiek sakkies tot jy dit benodig.



Jy benodig:


1 ui fyn gekap
2 huisies knoffel fyn gekap
1 blikkie gekapte tamaties
1 1/2 koppie vis aftreksel
1/2 koppie wit wyn
250 gram vis fillette in blokkies gesny
1 suurlemoen
swart peper
olyfolie
pietersiel fyn gekap
mayonnaise
dun gesnyde Franse broodjies gerooster


(Bogenoemde neem in aanmerking dat jy die visaftreksel soos hierbo beskryf gaan gebruik, daarom benodig jy nie meer sout nie)


Druk die sap van die suurlemoen oor die vis en meng goed, marineer tot benodig.


Braai uie in bietjie olyf olie tot sag, voeg dan die knoffel by en braai vir 'n minuut of twee. Voeg die tamaties by, en bring tot kookpunt, voeg die wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir so halfuur. Haal van die hitte af, gebruik 'n hand "blender" om die sop te verpulp, sit terug op die hitte en prut vir nog 15 minute. Voeg die vis by en simmer vir so 10 minute tot die vis gaar is, geur met swart peper. Bedien met die geroosterde broodjies met 'n skeppie mayonnaise op en garneer met fyngekapte pietersielie.


Lekker eet
Potjie

Thursday, June 17, 2010

Volstruis burger met roket

Laas week drentel ek tussen die vleis rake rond by my plaaslike supermark en daar merk ek die pakkie volstruis "patties" op, en die volgende oomblik is dit binne in my mandjie, toe begin die planne in my kop vorm aanneem. Roket, tamatie, kaas en Woolies se "Heat and Eat" brood rolletjies, en die plan word 'n ete.

Sit die oond op 180°, wanneer die oond die hitte bereik, sit die "Heat and eat" broodjies in die oond vir 6 minute. Intussen maak 'n riffel pan rook warm, smeer bietjie olyf olie oor die volstruis "patties" en braai vinnig in die riffel pan tot die gaarheid wat jy verkies, maar moet tog nie oorgaar maak nie.


Smeer botter op die broodjie, sit 'n klompie roket blare bo op, dan tamatie, geur met sout en peper, miskien 'n stukkie chedder en dan die volstruis pattie, maak toe die broodjie en maak jou mond wyd oop en neem 'n byt, lekker, lekker, lekker.


Geniet saam met 'n glas of twee van KWV se Café Pinotage, die het op min of meer dieselfde manier in my mandjie beland as die volstruis.


Lekker eet


Potjie



Tuesday, June 15, 2010

Hou by jou voorneme

Ek het my voorgeneem om nie soos omtrent elke ander kos blogger hierdie hele world cup kos ding te doen nie, ek het 'n vermoede mense is besig om net so gatvol daarvan te word as sommige mense vir die geluid van 'n vuvuzela, daarom het ek gesê dat ek net Suid Afrika ondersteun, en daarom gaan ek net braai.



Party keer word jou beste voorneme onder druk geplaas, en met die snerpende koue van die laaste paar dae in die Kaap is dit maar moeilik om te braai as jy nie 'n binne braai het nie, maar afneem van my voornemens, nimmer as te nooit nie, daarom is daar die waterbraaitjie, so paar worsie, 'n paar tjoppe en dan maak die braaitjie sommer nog lekker warm ook, nou moet Bafana net Uruguay se gat skop more aand.

Lekker eet
Potjie

Monday, June 14, 2010

Suid Afrika Kook - Geen woorde nodig

Sal binnekort weer oor kos skryf, vir nou loop ek oor van trots om 'n Suid Afrikaner te wees!
+Potjie




Friday, June 11, 2010

SPORT NAWEEK GALORE

Go Bafana go

Go Bokke go

Ek is oppad Langebaan toe vir golf speel, sokker kyk, golf speel, rugby kyk, golf speel en braai.

Potjie

Tuesday, June 8, 2010

My kos voorneme vir die sokker wereld beker

Al wat 'n restaurant en kos blogger is, het idees vir geregte uit die verskillende lande wat aan die wereld beker deel neem.
Ongeag wat mense mag se van Bafaba Bafana se kanse sal ek hulle end uit ondersteun, en nie net met vuvezela en die nasionale vlag nie, maar ook met my keuse van geregte.


In regte Suid Afrikaanse styl gaan ek dus regdeur die wereldbeker braai om my opregte steun aan Suid Afrika te wys, geen uitheemse geregte vir my nie.
Go Bafana Bafana go
Lekker eet
Potjie

Monday, June 7, 2010

Maak yskas skoon, maak sop

Ek kan sop resepte skryf tot die berge horings kry, maar die werklikheid is dat my sop resep word bepaal deur wat in die yskas en groente rak is.


Die meeste van die tyd sal ek begin deur bees skenkels te kook saam met 'n ui, worcestershire sous, knoffel, peper en seldery tot die vleis van die been af los kom, dan voeg ek my groente by.

Gister aand het die groente bestaan uit, preie (leeks), aartappels, wortels, uie, celdery en sampioene, voeg daarby bietjie bees aftreksel poeier, sout, peper, franse kruie en sommer vir die lekkerte 'n skoot Old Brown Sherry, en siedaar ons het aand ete.

Rooster dun gesnyde franse broodjies en plaas bo op sop met 'n skep mayonnaise bo op die broodjie.


Lekker eet

Potjie

Sunday, June 6, 2010

Room kaas gevulde rissies

Jy kry chillie poppers en dan kry jy chillie poppers, die eerste tiepe is daai deeg gedroggies wat jy wonder of daar ooit chillie in is, en hoekom iemand sulke droe goed sal wil eet, en dan is daar chillie poppers met regte vars chillies en room kaas, nou dit is die tiepe waarvan ek vandag praat, van nou af sal ek mooi Afrikaans gebruik en die chillies rissies noem.



Jy het nodig

Genoeg rissies om almal tevrede te hou (jalepeno rissies werk goed)
Genoeg roomkaas om die rissies te vul
Geklitsre eier
Meel
Broodkrummels
Olie vir diep braai

Dan maak jy so:

Maak 'n sny in die lengte van die rissie af, en verwyder al die pitte, en maak seker almal is uit as jy nie wil sit met groot bekbrand nie. Vul die rissies met roomkaas, rol in meel, dan in eier en dan in broodkrummels.Braai in diep olie tot die krummels goud bruin is, as jy al die pitte uitgehaal het behoort jou mond nie te veel te brand nie.

Lekker eet
Potjie

Wednesday, June 2, 2010

Rudi’s se zef nefie

Valiant Swart het 'n song wat sê "Die meeste mense is maar lekker zef", Kerneels Breytenbach het in verlede sondag se Rapport 'n artikel gehad Wie's jou zef, china?, en in die splinter nuwe Sarie Kos vir Mans het Neil Pendock 'n artikel "Skink 'n Sopie Zef: waarin hy onder meer die Swartland as die zef nefie van Franshoek voorstel, wat my nou laat wonder het of die Fruit and Veg by Willowbridge dalk die zef nefie van Rudi's Sausage Deli is.


Vir almal wat die blog vir 'n lang ruk lees sal weet dat ek Rudi's Sausage Deli se no1 aanhanger is, maar tussen Saterdae wat ek kan Slowfood Market toe gaan is daar die Fruit and Veg waar ek vark worsies met peppadews en bees met rooiwyn en cranberries of 'n stukkie sosatie works kan gaan koop, en die lekkerste van alles is dat jy jou nie eers hoef te skaam vir die zef nefie nie.

Waar baie van die upstairs nefie se worse by uitstek geskik is vir gebruik in disse soos pasta of bredies (hulle het ook boerewors) is die zef nefie se wors van die braai tiepe, kole is waar hulle op hulle tuiste is, wat natuurlik beteken dat ek en die zef nefie baie goeie vriende geword het in die laaste tyd, en waag dit nou net om te sé, soort soek soort.

Lekker eet
Potjie

Om te braai vir twee

Na jare van braai het ek nog nooit geleer hoe om vir twee mense te braai nie, en al braai ek 4 of 5 keer 'n week, voel dit altyd vir my of 'n braai 'n feestelike samesyn van vriende behoort te wees, en my vleis aankoope weerspieël die gevoel.

Gisteraand maak ons so vinnige braai'tjie dit was darm 26˚C so in die middel van die winter koue, op die braai beland toe 'n lams ribbetjie, lam tjoppies, vark wors met peppadews en beeswors met cranberries asook hoender vlerkies en braai broodjies, genoeg vir 'n gesin van 6, maar bietjie te veel vir my en liefie, dit beteken natuurlik dat ek die res van die week braai vleis eet.

Terwyl ek die vleis staan en bewerk gisteraand, dink ek so by myself, miskien moet ek iets flambojants aanvang met die vleis, ter wille van die blog, jy weet, die braai so bietjie Nataniël, maar ek kon dit nie oor my hart kry om die smaak van vleis te verwoes nie, so weer eens was dit net sout en peper op die tjoppe, die rib het darm so bietjie Worchestire sous gekry, en met die hoender was ek roekeloos, toe gooi ek Portegese Hoender Spesery op hulle.


Saam met al die vleise moet 'n man darm 'n glasie of twee rooiwyn neem, en gisteraand se Graeme Beck Railway red was glad nie sleg nie, inteendeel heel lekker.


Lekker eet


Potjie

Tuesday, June 1, 2010

'n Sarie vir die Manne

Ek kan nog onthou hoe opgewonde ek was toe ek die eerste keer Sarie Kos op die winkel rakke gesien het, uiteindelik, 'n kook tydskrif in die soetste taal, maar Vrydag was nog beter, toe het ek die splinter nuwe Sarie Kos vir Mans gekoop.

'n Kook tydskrif in Afrikaans vir mans, wat kan 'n man nou meer vra, (dit was 'n retoriese vraag, so moet asb nie andwoord nie)

Die manne mag maar skryf en kook, maar moet aseblief nie my woord daarvoor vat nie, gaan koop hom self, vandag nog.

Lekker lees
Potjie