Wednesday, June 3, 2009

Pannekoek

As daar nou een ding is wat ek net nie regkry om ordentlik te doen nie, dan is dit pannekoek bak. Ek het al gedink dis my deeg, en toe pannekoek "mix" gekoop, maar nog steeds breek ek meer pannekoek as wat daar heel bly. Miskien as ek vir my 'n pannekoek groote teflon pan kry sal dit werk, ek besit net yster en gietyster panne, en een stok ou alluminium pan, en hy moet gewoonlik doen vir pannekoek, want die ander is of te groot, of te swaar. Dit gaan my verstand te bowe hoe die basaar tannies, pannekoek na pannekoek perfek kry. Ek is darm blykbaar nie al een wat sukkel met pannekoek maak nie, in die huidige Taste Magazine skryf ene Sam Woulidge oor pannekoek, en noem vlugtig dat sy ook geen suksesvolle pannekoek bakker is nie.

Maar die rede hoekom ek hier by pannekoek kuier vandag is egter meer oor Sam Woulidge se artikel in Taste as oor my groot liefde of lus vir pannekoek. Sy roep haar herrinneringe op van pannekoeke geёet saam met vriende, onder andere ook met vriende nie meer met ons nie. Ek moet bieg ek het trane in my oё gehad na ek die artikel gelees het. Sam as jy ooit die lees, weet dat ek elke keer as ek van nou af 'n pannekoek eet aan jou sal dink, en in my hart vra vir die wat daar by jou vriende is om hulle liefde van jou te stuur. Die artikel is genaamd "Confessions of a hungry woman - Sam Woulidge's pancakes are rich with the memories of good times"

Ek dink die meeste van ons het stories soos Sam om te vertel, die pannekoek mag dalk 'n iets anders wees, maar daar is daai herrinnering aan vriende en familie, sommige nie meer met ons nie, wat nooit sal vergaan nie. Moet nie vir 'n oomblik dink die artikel is net snot en trane nie, inteendeel dit gaan oor goeie tye. Vir die van julle wat die Taste koop, moet groot asseblief nie die artikel perongeluk mis lees nie, die van julle wat dit nie koop nie, gaan koop die boek al is dit net die een keer, ek het lanklaas iets gelees wat my so aangeraak het, miskien raak ek nou emosioneel hier in my veertigs. Vir julle wat oorsee is, en die artikel graag wil lees, laat weet my, dan vra ons vir Woolies en Taste of ons 'n plan kan maak, ek wil darm nie artikels van 'n tydskrif wat nog op die rakke is "steel" vir my blog nie.

En aangesien ons nou met pannekoek besig is, het ek vir julle 'n resep gaan soek, maar ek glo julle sal verstaan dat ek nie die resultate kan waarborg met my pannekoek agtergrond nie.

Pannekoek Resep:

Bestandele:
5 koppies koue water
1/4 koppie olie (nie te veel nie)
3 eetlepels asyn
6 eiers
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout

Metode:
1. Klits al die vloeistowwe saam.
2. Sif die droë bestandele saam en voeg bietjie vir bietjie by.
3. Klits baie goed.
4. Bak die eerste pannekoek in 'n bietjie olie.
5. Sprinkel met kaneelsuiker, rol op, en geniet!

Lekker eet

Potjie









4 comments:

  1. Ek sal nie myself as 'n kok uitgee nie, maar daar is twee pannekoek tips wat my Ouma de la Guerre vir my geleer het.

    Jy kan of bietjie suurlemoen sap of bietjie sherry ingooi. Dit help om te voorkom dat hy taai raak.

    En waneer jy die deeg in die pan sit moet daai pan Flippen warm wees.

    Maak ook seker die deeg is dun, Ek probeer altyd vir die dikte van room. Anders maak jy net reuse flapjacks.

    ReplyDelete
  2. Ek gaan daai volge keer probeer

    ReplyDelete
  3. Vra Woolies vir die artikel - asseblief man, vir ons in die vreemde! H

    ReplyDelete
  4. Ek gaan my bes probeer

    Potjie

    ReplyDelete